Greta Thunberg

Greta Thunberg
Thunberg in Maart 2020 by die Europese Parlement om die Klimaatwet te bespreek, 'n voorstel om die EU teen 2050 tot koolstofneutraliteit te verbind
Gebore
Greta Tintin Eleonora Ernman Thunberg

3 Januarie 2003 (2003-01-03)
NasionaliteitVlag van Swede Swede
BeroepStudent, Omgewingsaktivis
Bekend virInternasionale leiersfiguur vir skoolstakings ten gunste van radikale aksie om klimaatsverandering te stuit
Ouer(s)Svante Thunberg
Malena Ernman
Handtekening

Greta Tintin Eleonora Ernman Thunberg (Sweeds: [ˈɡrêːta ˈtʉ̂ːnbærj]; gebore op 3 Januarie 2003) is 'n Sweedse omgewingsaktivis wat bekend is daarvoor dat sy wêreldleiers uitdaag om onmiddellik op te tree vir die versagting van klimaatsverandering.

Sy het bekend geword toe sy besluit het om elke skooldag na die somervakansie tot die Sweedse parlementsverkiesing op 9 September 2018 van die skool weg te bly en te betoog, met 'n banier buite die Sweedse parlement, om aandag te vestig op die dreigende klimaatsverandering.[1] Na die verkiesing het sy elke Vrydag van die skool weggebly en betoog.[2] In November 2018 het sy in 'n rubriek in The Guardian gesê dat sy sal aanhou totdat politici die Parys-ooreenkoms nakom.[3]

  1. https://www.theguardian.com/science/2018/sep/01/swedish-15-year-old-cutting-class-to-fight-the-climate-crisis The Swedish 15-year-old who's cutting class to fight the climate crisis. The Guardian, 1 September 2018, besoek op 3 Februarie 2019.
  2. https://www.hln.be/wetenschap-planeet/milieu/15-jarig-meisje-op-klimaattop-jullie-zijn-niet-volwassen-genoeg-om-de-waarheid-te-zeggen-en-laten-dat-aan-ons-kinderen-over~a5ceae70/ ,15-jarig meisje op klimaattop: “Jullie zijn niet volwassen genoeg om de waarheid te zeggen en laten dat aan ons, kinderen, over.” Het Laatste Nieuws 16 Desember 2018, besoek op 18 Desember 2018.
  3. https://www.theguardian.com/commentisfree/2018/nov/26/im-striking-from-school-for-climate-change-too-save-the-world-australians-students-should-too ,I'm striking from school to protest inaction on climate change – you should too, The Guardian 26 November 2018, besoek op 18 Desember 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search